Die Universiteit van Zoeloeland (kortweg UniZulu) is die enigste omvattende tersiêre opvoedkundige instelling noord van die Tugelarivier in KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. Die universitet se nuwe status is in ooreenstemming met Suid-Afrika se Nasionale Plan vir Hoër Onderwys wat daarop gemik is om ongelykheid en duur duplisering uit te skakel. Gevolglik bied UniZulu loopbaangerigte programme sowel as 'n beperkte aantal relevante universiteitsgraadkursusse aan wat gestruktureer is met potensiële werknemers en werkgewers in gedagte.