Up (rolprent)

Up
Regisseur Pete Docter
Produksieleier Jonas Rivera
Draaiboek Bob Peterson
Pete Docter
Met Ed Asner
Christopher Plummer
Jordan Nagai
Musiek deur Michael Giacchino
Kinematografie Patrick Lin
Jean-Claudie Kalache
Redigeerder Kevin Nolting
Ateljee Walt Disney Pictures
Pixar Animation Studios
Verspreider Walt Disney Studios
Motion Pictures
Speeltyd 96 min[1]
Land VSA
Taal Engels
Begroting VS$175 miljoen[2]
Bruto wins VS$735.1 miljoen[1]

Up is 'n rekenaargeanimeerde familie/buddy-rolprent van 2009 wat deur Pete Docter geregisseer is. Die stemme van Ed Asner, Jordan Nagai, Christopher Plummer kom onder andere daarin voor. Die rolprent is deur Jonas Rivera vervaardig en versprei deur Walt Disney Studios Motion Pictures. Dit handel oor 'n bejaarde wewenaar met die naam Carl Fredricksen (Ed Asner) en 'n ernstige seun met die naam Russell (Jordan Nagai); deur duisende ballonne aan sy huis vas te maak, wil Carl sy droom verwesenlik om Suid-Amerika se wildernis te sien en 'n belofte aan sy oorlede vrou, Ellie, te vervul. Die draaiboek is deur Bob Peterson en Pete Docter geskryf en die musiek is gekomponeer deur Michael Giacchino, wat ook musiek vir die rolprente The Incredibles en Ratatouille gekomponeer het.

  1. 1,0 1,1 "Up (2009)". Box Office Mojo. IMDb. Besoek op 19 Februarie 2021.
  2. Barnes, Brooks (5 April 2009). "Pixar's Art Leaves Profit Watchers Edgy". The New York Times. Besoek op 6 April 2009.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne