Ur-Nammu | ||
Koning Ur-Nammu, stigter van die Derde Dinastie van Ur, op ’n silinderseël. | ||
Bewind | c. 2112-2094 v.C. | |
Voorganger | Utu-hengal | |
Opvolger | Shulgi | |
Kinders | Shulgi | |
Koningshuis | Derde Dinastie van Ur |
Ur-Nammu (of Oer-Nammoe, Ur-Namma, Ur-Engur, Ur-Gur; Sumeries: 𒌨𒀭𒇉; bewind omstreeks 2112-2094 v.C., middelchronologie) het die Sumeriese Derde Dinastie van Ur in Suid-Mesopotamië gestig nadat die streek verskeie eeue lank onder Akkadiese en Goetese heerskappy was. Sy groot prestasie was om ’n staat op te bou en hy word veral onthou vir sy regskode, die Kode van Ur-Nammu, die oudste bewaarde voorbeeld ter wêreld. Sy titels was "koning van Ur" en "koning van Sumer en Akkad".