Ursides | ||
![]() | ||
Die uitstralingspunt van die Ursides is net regs bo van die ster Kochab.[1] | ||
Moederliggaam | 8P/Tuttle[2] | |
Uitstralingspunt | ||
Sterrebeeld | Klein Beer | |
Regte klimming | 14h 28m[3] | |
Deklinasie | +78°[3] (Noordelike Halfrond) | |
Eienskappe | ||
Voorkoms | 17-25 Desember | |
Hoogtepunt | 22 Desember | |
Spoed | 33 km/s[1] | |
Sterre per uur | Maksimum 10[2] |
Die Ursides (URS) is ’n meteoorreën wat elke jaar omstreeks 17 Desember begin en sowat ’n week duur, tot 25 of 26 Desember. Dit word so genoem omdat hul oënskynlike uitstralingspunt naby die ster Beta Ursae Minoris (Kochab) in die sterrebeeld Klein Beer is.