Valke | ||||
Bynaam(e) | Skarlakenrooies | |||
Embleem | Valk | |||
Stigting | 1947[1] | |||
Unie | Valke Rugbyunie | |||
Ligging | Kemptonpark | |||
Streek | Oos-Rand, Vaaldriehoek | |||
Stadion | Barnardstadion | |||
President | SJ de Beer | |||
HUB | Jurie Coetzee | |||
Afrigter(s) | JP Immelman | |||
Kaptein(s) | JP Mostert | |||
Liga(s) | Curriebeker Rugby-uitdaagreeks | |||
| ||||
Statistiek
| ||||
---|---|---|---|---|
Meeste wedstryde | 157 Tjaart van der Walt | |||
Meeste punte | 732 Hendrik Labuschagne | |||
Unie webwerf | ||||
www.valke.co.za |
Die Valke is 'n rugbyspan in Kemptonpark, Suid-Afrika. Hulle was vroeër bekend as Oos-Transvaal en staan in volksmond ook bekend as die Skarlakenrooies.
Die Valke Rugbyunie is oorspronklik in 1947 gestig as die Oos-Transvaalse Rugbyvoetbalunie. Na die 1995-wêreldbeker het rugby in Suid-Afrika ’n professionele sport geword. ’n Besluit is geneem dat daar minder provinsiale unies sou wees en gevolglik het die Oos-Transvaalse Rugbyvoetbalunie met die Vaaldriehoek Rugbyunie saamgesmelt om in 1998 die Valke Rugbyunie te vorm.
Die Valke se tuisveld is die Barnardstadion. Hulle neem aan die Curriebekerkompetisie deel. Die voedingsbron vir hulle spelers is die Oos-Rand en die Vaaldriehoek.