| |||||||
Hoofspille | Lughawe Singapoer Changi | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Vlootgrootte | 19 | ||||||
Bestemmings | 5 | ||||||
Houermaatskappy | Westbrook Investments | ||||||
Hoofkantoor | Singapoer Changi Lughawe | ||||||
Sleutelpersone | Barathan Pasupathi (HUB) | ||||||
Webwerf | http://www.valuair.com.sg/ |
Valuair (Chinees: 惠 旅 航空) is 'n laekostelugredery wat in Singapoer gebaseer is. Dit is in 2004 geloods, met aanvanklike vlugte na Bangkok en Hongkong.
Dit onderskei homself van ander laekosterederye omrede dit fieterjasies aanbied soos 'n bagasietoelaag van meer as 20 kg, etes tydens die vlugte, vooraftoekenning van sitplekke, en 'n 32 duim sitplekafstand. Die redery is in 2005 verkry deur Jetstar Asia Airways, tog is die Valuair-merk behou vir Jetstar Asia se geskeduleerde dienste aan die groot stede van Indonesië.
Die suidwesvleuel van Vlak 3 in Terminaal 1 op Singapoer Changi Lughawe huisves die lugredery se hoofkantoor.[1]