Die Vasa was 'n slagskip van die Sweedse Vloot en te water gelaat in 1628. Die skip het gesink na slegs 1300 meter tydens sy nooiensvaart op 10 Augustus 1628. Die skip was 69 meter lank, 'n viermaster met die hoofmas 190 meter hoog. Die skip was ook ruim versier met houtbeelde van leeus en die twee kanondekke het 64 kanonne gedra. Daar was 300 matrose aan boord.
Die skip is gebou in opdrag van koning Gustavus Adolphus van Swede wat op daardie stadium betrokke was in die Dertigjarige oorlog met Pole. Beide lande het beheer oor die Baltiese See as uiters strategies beskou. Die koning was persoonlik betrokke by die ontwerp en bou van die skip; hy het self die bouplanne laat verander.
Die skip het na net 1300 meter tydens sy nooiensvaart gesink in die hawe van Stockholm. Die skip is geberg op 24 April 1961. 'n Ondersoek het aan die lig gebring dat die skip se swaartepunt te hoog was; hoër as die punt waar die Archimedeskrag is. Beide die punte moet op dieselfde plek wees. Tesame met die lang maste, groot kanonne en versierings was slegs 'n ligte windjie nodig om die skip te laat kantel. Die skip het ook te min balas aan boord gehad en was dus topswaar.