Die Vedangas (Sanskrit: वेदाङ्ग vedāṅga, "ledemate van die Veda") is ses bykomende dissiplines in Hindoeïsme wat in die antieke tyd ontwikkel het en met die bestudering van die Vedas verband hou.[1][2] Hulle is:[1]
Shiksha (śikṣā): fonetiek, fonologie, uitspraak.[1] Dit fokus op die letters van die Sanskrit-alfabet, aksent, klem, melodie, ens.[3][4]
Chhandas (chandas): Digmaat.[5] Dit folus op digmaat, onder andere dié wat gebaseer is op ’n vaste getal lettergrepe per vers.[6][7]
Vyakarana (vyākaraṇa): grammatika en linguistiese ontleding.[8][9][10] Gaan oor grammatikareëls en ontledings om die presiese vorm van woorde en sinne vas te stel om idees duidelik oor te dra.[11][12]
Nirukta (nirukta): etimologie, verduideliking van woorde, veral dié van argaïese herkoms met ’n onduidelike betekenis.[13][11]
Kalpa (kalpa): rituele instruksies.[1] Dit fokus op die standaardisering van prosedures vir Vediese rituele, asook die regte gedrag en pligte van ’n mens in verskillende stadiums van sy lewe.[14]
Die Vedangas het hul wortels in antieke tye en die Brihadaranyaka-Upanishad noem hulle ’n integrale deel van die Vediese geskrifte.[17] Hulle kan teruggespeur word na die 2de millennium v.C. Dit is egter nie duidelik waar en wanneer die idee vir ’n lys van ses Vedangas ontstaan het nie.[18]
↑ 1,01,11,21,31,4James Lochtefeld (2002), "Vedanga" in The Illustrated Encyclopedia of Hinduism, Vol. 1: A-M, Rosen Publishing, ISBN 0-8239-2287-1, ble. 744-745
↑"Vedanga" (in Engels). Princeton University. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Junie 2017. Besoek op 14 Augustus 2015.