Veganisme is die uitsluiting van die gebruik van diereprodukte, veral in die dieet, en 'n gepaardgaande filosofie wat die kommoditeitstatus van diere verwerp.[1] 'n Volgeling van óf die dieet of die filosofie is bekend as 'n veganis (uitgespreek VEE-gən).
Onderskeid word soms getref tussen die verskillende kategorieë van veganisme. Dieetveganiste (soms word na hul verwys as streng vegetariërs of volgelinge van 'n plant-gebaseerde dieet) vermy die verbruik van diereprodukte, nie net vleis nie maar ook eiers, suiwelprodukte, en ander dierlike stowwe. Dieetveganiste is dikwels meer gefokus op die gesondheidsaspekte van onverwerkte voedsel en verbruik, as sodanig, heuning of dra klere wat diereprodukte insluit (byvoorbeeld leer of wol).[2] Die term etiese veganis is dikwels van toepassing op diegene wat nie net 'n vegetariese dieet volg nie, maar die filosofie na ander gebiede van hul lewens uitbrei en hul verset teen die gebruik van diereprodukte vir enige doel.[n 1] 'n Ander term is omgewingsveganis wat verwys na die vermyding van dierlike produkte op die veronderstelling dat die oes van diere of industriële boerdery van diere die omgewing beskadig en onvolhoubaar is.[8]
Die term vegan is in 1944 geskep deur Donald Watson as mede-stigter van die "Vegan Society" in Engeland. Die aanvanklike betekenis was "nie-suiwel vegetariër" en later "the doctrine that man should live without exploiting animals".[9] Belangstelling het toegeneem in veganisme tydens die 2010's; vegan winkels is geopen, en veganistiese opsies is beskikbaar in meer supermarkte en restaurante in baie lande.[10]
'n Veganistiese dieet is geneig om hoër te wees in voedselvesel, magnesium, foliensuur, vitamien C, vitamien E, yster en fito-chemikalieë. Dit is laer in energie, versadigde vet, cholesterol, langketting omega-3 vetsure, vitamien D, kalsium, zinc en vitamien B12.[n 2] 'n Goed-beplande veganistiese dieet kan die risiko verlaag ten opsigte van sommige chroniese siektetoestande, insluitend hartsiektes,[12] en dit word as geskik aanvaar vir alle fases van die lewensiklus deur die American Academy of Nutrition and Dietetics, die Australian National Health and Medical Research Council, en ook Dietitians of Canada.[13] Aangesien onbesmette plantvoedsel nie vitamien B12 voorsien nie (dit word geproduseer deur mikro-organismes soos bakterieë), is navorsers dit eens dat veganiste kos moet eet wat met vitamien B12 verryk is of dat hul 'n aanvulling moet gebruik.[14]
Debra K. Moser, Barbara Riegel, Cardiac Nursing, Elsevier Health Sciences, 2008, p. 158.
Verwysingfout: <ref>
tags exist for a group named "n", but no corresponding <references group="n"/>
tag was found