Slag van Marathon | |||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Deel van die Grieks-Persiese oorloë | |||||||
Die vlakte van Marathon vandag | |||||||
| |||||||
Strydende partye | |||||||
Athene Plataia |
Persiese Ryk | ||||||
Bevelvoerders | |||||||
Miltiades die jongere Kallimachos (†) |
Datis (†) Artaphernes | ||||||
Sterkte | |||||||
10 000 | 20 000–100 000 infanterie 1 000 kavallerie 600 skepe | ||||||
Ongevalle | |||||||
203 (Herodotos) | 6 400 vermoor 7 skepe (Herodotos) |
Die slag van Marathon het plaasgevind in 490 v.C. Dit was die hoogtepunt van Koning Darius I van Persië se eerste volskaalse poging om die oorblywende dele van Griekeland by die Persiese ryk in te lyf. Dit wat vandag bekend is oor die veldslag is afkomstig van die Griekse geskiedkundige Herodotos. In Persiese bronne word daar geen melding van so 'n veldslag gemaak nie.
Volgens die oorgeskrewe Griekse en Latynse manuskripte wat omtrent 'n duisend jaar oud geskat word en toegeskryf word aan Griekse geskiedkundiges, het Darius eers Mardonios in 492 v.C. oor 'n landroete na Europa gestuur om die Persiese houvas op Thrakië en Masedonië te verstewig na die Ioonse opstand dit verswak het.
Alhoewel dit suksesvol was het die grootste deel van die mag in 'n storm naby die Berg Athos omgekom en moes die oorblywende mag noodgedwonge na Asië terugkeer en het hulle verdere verliese op pad terug gely.[1] In 490 v.C. is Datis en Artaphernes gestuur met 'n vloot om die Kyklade eilande in die middel van die Egeïese See te onderwerp om hulle te straf vir hul hulp aan die Ioonse opstand. 'n Beleg is om Eretria gehou en die stad het geval; die vloot het toe in Marathonbaai geland. Daar is hulle deur 'n kleiner mag van Athene en Plataia wat hoofsaaklik uit hopliete bestaan het. Die lang afstand wat deur die boodskapper afgelê is om die Spartane se hulp te ontbied het die inspirasie geword vir die maratonwedloop wat vir die eerste keer by die Olimpiese Spele van 1896 gehou is.