'n Veldwedren (Engels: Cross Country) is 'n sport waar bergfietse ingespan word om oor ruwe terrein bv. veld, grondpaaie, voetpaadjies ens. te jaag.
Veldwedrenne is die algemeenste dissipline van bergfietswedrenne, maar kry minder dekking as bergaf-fietsrenne (downhill cycling) omdat dit moeilik is om dit direk op TV uit te saai. Tog is veldwedrenne meer gewild en meer mense neem daaraan deel vir ontspanning of in 'n kompeterende hoedanigheid.
Veldwedrenne word sedert die 1996-spele as 'n Olimpiese sport beoefen en is die enigste vorm van bergfietsrenne wat tydens die Somerspele beoefen word.