| |
---|---|
Hoofartikels | |
Baltiese godsdiens | |
Hoofgodhede | |
Perkūnas · Gabija · Žemyna · Dievas | |
Heiligdomme en aanbidding | |
Alka · Romuva · Boomkultus | |
Rekonstruksie | |
Baltiese neopaganisme | |
|
Velnias is een van twee skeppergode in die Litause mitologie. In die meeste skeppingsverhale word Velnias deur Dievas, die Oppergod geskep, terwyl hulle in ander versies van die begin van die wêreld af naas mekaar bestaan.
Alhoewel Velnias gewoonlik as die teenspeler van Dievas uitgebeeld word, verskil sy rol merkbaar van dié van Satan in die Hebreeus-Christelike mitologie. So is Velnias in die ou Litause godsdiens hoofsaaklik as aard-god en god van die onderwêreld beskou.[1] Eers later, met die kerstening van Litaue vanaf die laat 14de eeu, is die naam Velnias aan die Christelike duiwel met al sy negatiewe trekke oorgedra.