Vera Lynn

Vera Lynn
Dame Vera Lynn in 1973.
Agtergrondinligting
GeboortenaamVera Margaret Welch
Gebore(1917-03-20)20 Maart 1917
East Ham, Essex (nou Londen), Engeland
Sterf18 Junie 2020 (op 103)
Ditchling, Oos-Sussex
GenresTradisionele popmusiek
Beroep(e)Sangeres
Jare aktief1924–2020
EtiketteDecca (London for export), MGM, HMV, Columbia (EMI), EMI, Pye

Dame Vera Lynn, DBE (gebore Vera Margaret Welch op 20 Maart 1917, oorlede op 18 Junie 2020 in Oos-Sussex), wyd bekend as "The Forces' Sweetheart", was ’n Engelse sangeres, liedjieskrywer en aktrise wie se musiekopnames en –uitvoerings haar geweldig gewild gemaak het tydens die Tweede Wêreldoorlog. Tydens die oorlog het sy in Egipte, Indië en Birma getoer waar sy in die buitelug konserte vir soldate opgevoer het. Die liedjies wat veral met haar vereenselwig word, is "We'll Meet Again", "The White Cliffs of Dover", "A Nightingale Sang in Berkeley Square" en "There'll Always Be an England".

Ná die oorlog het sy gewild gebly en opgetree op TV en oor die radio in die Verenigde Koninkryk en die Verenigde State. Van die treffers wat sy ná die oorlog uitgereik het, was "Auf Wiederseh 'n Sweetheart" en haar no. 1-treffer in die VK "My Son, My Son".

In 2009 het sy die oudste lewende kunstenaar geword wat die topplek op die Britse album-treffersparade behaal het. Sy wy baie tyd en energie aan liefdadigheidswerk in verband met oudstryders, gestremde kinders en borskanker. Oudstryders van die Tweede Wêreldoorlog bejeën haar vandag nog met groot liefde en in 2000 is sy aangewys as die Brit wat die gees van die 20ste eeu die beste vergestalt het. In 2016 het sy haar 99ste verjaardag tuis in Ditchling (noord van Brighton), waar sy saam met haar dogter woon, gevier saam met 'n klein groepie familie en nabye vriende.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne