'n Verbruikersamelewing is 'n samelewing waar vrye tyd hoofsaaklik gebruik word om goedere of dienste aan te skaf, daaroor na te dink en gekoopte goedere te vertoon. Hierdie goedere bevredig nie basiese behoeftes nie, maar bied aansien of word beskou as deel van die identiteit van die eienaar.[1] Die ekonomiese idees waarop dit gebaseer is, word ook geklassifiseer as verbruikersisme. Omdat die vryemarkekonomie op konstante ekonomiese groei gebaseer is, moet daar al hoe meer geproduseer en verbruik word.