![]() Kenteken van die Verenigde Arabiese Emirate se nasionale krieketspan | |||||||||||||
Konferensie | Emiratiese Krieketraad (ECB) | ||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Personeel | |||||||||||||
EDI-kaptein | Muhammad Waseem | ||||||||||||
T20I-kaptein | Muhammad Waseem | ||||||||||||
Afrigter | ![]() | ||||||||||||
Internasionale Krieketraad (IKR) | |||||||||||||
IKR-status | Assosiaatlid met EDI-status (1990) | ||||||||||||
IKR-streek | AKR (Asië) | ||||||||||||
| |||||||||||||
Internasionale eendagwedstryde (EDIs) | |||||||||||||
Eerste EDI | t ![]() | ||||||||||||
Laaste EDI | t ![]() | ||||||||||||
| |||||||||||||
Krieketwêreldbeker-verskynings | 2/13 (eerste in 1996) | ||||||||||||
Beste uitslag | Groepfase (in 1996 en 2015) | ||||||||||||
Wêreldbeker- kwalifiserings | 9 (eerste in 1994) | ||||||||||||
Beste uitslag | Kampioen (in 1994) | ||||||||||||
Kampioenetrofee-verskynings | 0/9 | ||||||||||||
Twintig20s (T20Is) | |||||||||||||
Eerste T20I | t ![]() | ||||||||||||
Laaste T20I | t ![]() | ||||||||||||
| |||||||||||||
T20I-wêreldbeker-verskynings | 2/9 (eerste in 2014) | ||||||||||||
Beste uitslag | Eerste rondte (in 2014 en 2022) | ||||||||||||
T20I-wêreldbeker- kwalifiserings | 6 (eerste in 2010) | ||||||||||||
Beste uitslag | Kampioen (in 2022) | ||||||||||||
|
Die Verenigde Arabiese Emirate se nasionale krieketspan (Arabies: فريق الإمارات الوطني للكريكيت) is die nasionale krieketspan wat die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) in internasionale krieket verteenwoordig. Hulle word deur die Emiratiese Krieketraad (ECB, van Engels: Emirates Cricket Board) bestuur wat in 1989 ’n geaffilieerde lid van die Internasionale Krieketraad (IKR) en een jaar later ’n assosiaatlid geword het.[6] Sedert 2005 is die IKR se administratiewe kantore in Doebai gesetel, terwyl die hoofkantoor nog steeds op Lord’s in Londen is.
Die Verenigde Arabiese Emirate is een van die opkomende EDI-spanne;[7] hulle het die AKR-trofee tussen 2000 en 2006 vier keer agtereenvolgens gewen, en was ook naaswenners by drie ander geleenthede (in 1996, 1998 en 2008) sedert dié toernooi vir die eerste keer uitgespeel is.[8] Hulle het die 1994-krieketwêreldbekerkwalifisering gewen en aan die Krieketwêreldbeker 1996 deelgeneem.[6] Bykomende EDI-wedstryde is tydens die Asiatiese Bekertoernooie in 2004 en 2008 gespeel. Tydens die 2014-krieketwêreldbekerkwalifisering het hulle in die tweede plek na Skotland geëindig en sodoende vir die Krieketwêreldbeker 2015 gekwalifiseer en EDI-status tot in 2018 verkry.[9]
In April 2018 het die IKR besluit om aan al sy lede volle T20I-status toe te ken. Vervolgens sal al die T20I-wedstryde wat die Verenigde Arabiese Emirate ná 1 Januarie 2019 teen ander IKR-lede speel, as ’n volle T20I erken word.[10] Die Verenigde Arabiese Emirate is tans (Julie 2024) 20ste op die eendagranglys en 16de op die Twintig20-wêreldranglys.[11][12]