Die geskiedkundige plaas Vergelegen aan die noordoostelike kant van Somerset-Wes lê in 'n kom van die Helderberg en die Hottentots-Hollandberge en was oorspronklik die landgoed van goewerneur Willem Adriaan van der Stel. Die landgoed is bekend om sy geskiedenis, die opstal met sy besondere argitektuur, die tuin met sy ou kanferbome en teenswoordig ook om sy wyn.