Vickers Wellington

Vickers Wellington
Tipe Bomwerper
Vervaardiger Vickers-Armstrongs
Nooiensvlug 15 Junie 1936
Status Uit diens gestel
Hoofgebruiker Britse Lugmag
Vervaardig 1936–1945
Aantal gebou 11,461

Die Vickers Wellington was 'n tweemotorige bomwerper wat hoofsaaklik deur die Britse Lugmag gebruik is tydens die Tweede Wêreldoorlog. Hierdie vliegtuig het sy nooiensvlug voltooi op 15 Junie 1936. Die Vickers Wellington het die bynaam Wimpey gehad. Tesame met die Armstrong Whitworth Whitley en die Handley Page Hampden was dit die enigste tweemotorige bomwerpers waaroor die Britse Lugmag beskik het toe die oorlog op 9 September 1939 uitgebreek het. Hierdie drie bomwerpers het die Britse bomaanvalle gedra totdat die eerste viermotorige bomwerpers eers in 1941 beskikbaar geraak het. Brittanje het oor slegs 179 Wellingtons beskik met die uitbreek van die oorlog.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne