Vickers Viscount | |
---|---|
Tipe | Turboskroef passasiersvliegtuig |
Vervaardiger | Vickers-Armstrongs |
Nooiensvlug | 16 Julie 1948 |
Bekendstelling | 18 April 1953 |
Onttrek | Januarie 2009 |
Status | Uit diens gestel |
Hoofgebruiker | British European Airways |
Vervaardig | 1948–1963 |
Aantal gebou | 445 |
Die Vickers Viscount is 'n Britse mediumstrek turboskroef passasiersvliegtuig wat op 16 Julie 1948 sy eerste vlug voltooi het. Dit is gebou deur Vickers-Armstrongs. Die vliegtuig is ontwerp in antwoord op 'n versoekdokument wat deur die Brabazon Committee uitgereik is. Die vliegtuig is in diens gestel in 1953 en is die wêreld se eerste turboskroefaangedrewe vliegtuig.
Die Viscount is goed deur die publiek ontvang vir sy kajuittoestande, wat kajuitdrukversorging, vermindering in vibrasie en geraas, en panoramiese vensters ingesluit het. Dit het een van die suksesvolste en winsgewendste van die eerste na-oorlogse vervoervliegtuie geword;[1] 445 Viscounts is gebou vir 'n reeks internasionale kliënte, insluitend in Noord-Amerika.