Victor Ambros

Victor Ambros in 2024.

Victor R. Ambros (gebore 1 Desember 1953) is 'n Amerikaanse ontwikkelingsbioloog en Nobelpryswenner wat die eerste bekende mikroRNS (miRNS) ontdek het. Hy is 'n professor aan die Universiteit van Massachusetts Mediese Skool. Hy het beide sy voorgraadse en doktorale studies by die Massachusetts Institute of Technology voltooi. Ambros het die Nobelprys vir Fisiologie of Geneeskunde in 2024 ontvang vir sy navorsing oor mikroRNS.[1]

  1. "Press release: The Nobel Prize in Physiology or Medicine 2024". NobelPrize.org (in Engels (VSA)). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Oktober 2024. Besoek op 7 Oktober 2024.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne