Vier Ou Dinge | ||
’n Beskadigde fries van die huis van ’n ryk amptenaar in Suzhou. | ||
Name (taalvariante) | ||
Tradisionele Chinees | 四舊 | |
Vereenvoudigde Chinees | 四旧 | |
Pinyin | sì jiù |
Die Vier Ou Dinge (vereenvoudigde Chinees: 四旧, tradisionele Chinees: 四舊, sì jiù) was ou gebruike, kultuur, gewoontes en idees in die Volksrepubliek China. Een van die doelwitte van die land se Kulturele Rewolusie was om die Vier Ou Dinge te vernietig.[1] Die veldtog het op 19 Augustus 1966 in Beijing begin, kort ná die begin van die Kulturele Rewolusie.[2]