Viking-program

Kunstenaarvoorstelling van 'n Viking-wenteltuig wat die landingstuig loslaat

Die Viking-program bestaan uit twee ruimtetuie, Viking 1 en Viking 2, wat na Mars gestuur is.[1] Elk van die twee ruimtetuie het bestaan uit twee gedeeltes: die wenteltuig wat om Mars moes bly wentel en foto's neem en die landingstuig wat ontwerp is om die planeet se oppervlakte te ondersoek. Die wenteltuie het ook as kommunikasieherhalerstasies vir die twee landingsvoertuie gedien nadat hulle die oppervlakte van Mars bereik het.

Die Viking-program het gegroei uit NASA se vroeë, meer ambisieuse Voyager Mars-program wat later gekanselleer is. Laasgenoemde is vervang met die bekende Voyager-program wat Voyager 1 en Voyager 2 insluit. Viking 1 is op 20 Augustus 1975 en Viking 2 op 9 September 1975 gelanseer. Beide is gelanseer met die Titan IIIE-vuurpyl wat die Centaur as 'n fasetwee-vuurpyl gebruik het. Viking 1 het op 19 Junie 1976 en Viking 2 op 7 Augustus 1976 in wentelbane om Mars gegaan.

Die twee ruimtetuie, nog steeds aan mekaar gekoppel, wentel vir langer as 'n maand om Mars en stuur gedurende hierdie tyd beelde na die Aarde sodat geskikte landingsareas uitgesoek kan word. Die twee ruimtetuie ontkoppel en die landingstuie dring Mars se atmosfeer binne en doen 'n sagte landing op die gekose landingsgebiede. Viking 1 het op 20 Julie 1976 geland en Viking 2 op 3 September. Die wenteltuie het aanhou wentel om Mars, foto's geneem en ander wetenskaplike toetse uitgevoer terwyl die landingstuie meetinstrumente op Mars se oppervlakte ontplooi het.

Die projek het ongeveer VS$1 miljard in 1970 gekos,[2][3] die ekwivalent van ongeveer $6 miljard in 2023. Die program word as suksesvol beskou en ook as die program wat die meeste inhoud tot die inligting oor Mars tussen laat-1990 en die vroeë 2000's bygedra het.[4][5]

  1. Williams, David R. Dr. (18 Desember 2006). "Viking Mission to Mars". NASA. Besoek op 2 Februarie 2014.
  2. "Viking 1 Orbiter spacecraft details". NASA Space Science Data Coordinated Archive. NASA. 20 Maart 2019. Besoek op 10 Julie 2019.
  3. "Viking 1: First U.S. Lander on Mars". Space.com. Besoek op 13 Desember 2016.
  4. "The Viking Program". The Center for Planetary Science. Besoek op 13 April 2018.
  5. "Viking Lander". California Science Center. 3 Julie 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 September 2020. Besoek op 13 April 2018.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne