Viktoria Aschaffenburg

Viktoria Aschaffenburg

Volledige naam Sportverein Viktoria
1901 e.V. Aschaffenburg
Stigtingsdatum 6 Augustus 1901
Tuisveld Stadion am Schönbusch
Aschaffenburg
Kapasiteit 8 000
Kompetisie Oberliga Hessen

Viktoria Aschaffenburg is 'n sokkerklub uit Aschaffenburg in die deelstaat Beiere, Duitsland.

Die klub het in 1904 ontstaan met die samesmelting van die in 1901 gestigte FC Aschaffenburg en die 1902 gestigte FC Viktoria Aschaffenburg en het aanvanklik bekend gestaan as FC Viktoria 01. Twee jaar later is die atletiekafdeling opgerig en het die klubnaam verander na die huidige SV Viktoria 01.

Tussen 1950 en 1960 het die klub in die Oberliga Suid meegeding, destyds die hoogste vlak. Viktoria se beste jare was in die laat 1980’s toe die klub 3 seisoene in die 2. Bundesliga deurgebring het. Die klub se beste prestasie is in die 1987/88-seisoen behaal toe die klub die kwarteindstryd van die DFB-Pokal gehaal het.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne