Vilankulo | |
---|---|
Dorp | |
Die markplein van Vilankulo | |
Byname: Vnx | |
Koördinate: 22°0′0″S 35°19′0″O / 22.00000°S 35.31667°O | |
Land | ![]() |
Provinsie | Inhambane |
Bevolking | |
• Totaal | 24 433 |
Tydsone | UTC+2 (SAT) |
Vilankulo (voorheen Vilanculos) is 'n dorp in die Inhambane-provinsie van Mosambiek. Sommige toeriste maak gebruik van fasiliteite in die dorp om te oornag, veral wanneer daar tussen Maputo en Beira gereis word en wanneer die Bazaruto-eilande in die Indiese Oseaan besoek word.
Vilankulo het aansienlike groei beleef die afgelope dekade en gebruik befondsing gegenereer uit toerisme om toerisme-infrastruktuur verder te verbeter. Die dorp is 'n gewilde vakansiebestemming vir menige Suid-Afrikaner en bied 'n kombinasie van aangename weer, kristalhelder seë, pragtige strande en verskeie watersportsoorte wat beoefen kan word. Tariewe is nie buitensporig nie en 'n verskeidenheid vakansieoorde is onlangs ontwikkel, asook 'n aantal goeie eetplekke.[verwysing benodig]
Daar is 'n klein internasionale lughawe op Vilankulo waarvandaan daar daaglikse vlugte tussen Johannesburg, Maputo en eSwatini onderneem word.