Villa Park | ||
![]() | ||
Die stadion se noord- en Doug Ellis-pawiljoene in 2008
| ||
Ligging | Birmingham, Engeland | |
---|---|---|
Koördinate | 52°30′33″N 1°53′5″W / 52.50917°N 1.88472°W | |
Eienaar | Aston Villa FC[1] | |
Operateur | Aston Villa FC | |
Kapasiteit | 42 682[2] | |
Oppervlak | Desso GrassMaster[1] | |
Konstruksie | ||
Geopen | 1897[1] | |
Boukoste | £16 733 (£25 miljoen)[3] | |
Huurders | ||
Aston Villa FC (1897–hede)[1] |
Villa Park is ’n sokkerstadion in Witton in Birmingham, Engeland, met sitplek vir 42 682 mense. Dit is sedert 1897 die tuisveld van Aston Villa FC. Die stadion het tussen 1899 en 2005 16 internasionale sokkerwedstryde van Engeland waargeneem en was die eerste stadion in Engeland wat in drie eeu internasionale sokkerwedstryde aangebied het. Voorts het Villa Park reeds 55 halfeindrondes van die FA-beker aangebied.
In 1897 het Aston Villa na die Aston Laer Gronde, ’n sportveld in ’n Victoriaanse pretpark geleë in die voormalige gronde van Aston Hall, ’n Jakobeaanse landhuis. Die stadion het in sy bestaan deur verskeie opgraderings- en ontwikkelingsfases gegaan wat uitgeloop het in die huidige paviljoenopset van Holte Einde, Trinitywegpaviljoen, Noordelike Paviljoen en die Doug Ellis-paviljoen. Die klub het toestemming om die Noordelike Paviljoen te herontwikkel wat sal lei in ’n vermeerderde kapasiteit van 42 682 na omenby 50 000.
Voor 1914 het ’n fietsrybaan om die buiterand van die speelveld gelê waarop fietsry- en atletiekbyeenkomste gehou is. Buiten sokkerverwante gebruike het die stadion verskeie konserte en ander sportgebeure insluitend bokswedstryde en internasionale ligarugby en rugbywedstryde. In 1999 het die laaste eindstryd van die UEFA Bekerwenner-beker op Villa Park beslis. Villa Park was ook gasheer vir die 2012 FA Gemeenskapskild omdat die Wembley-stadion nie beskikbaar was nie as gevolg van die Olimpiese sokkertoernooi.[4]