Vin Diesel | |
Vin Diesel in 2013
| |
Geboortenaam | Mark Sinclair |
---|---|
Geboorte | 18 Julie 1967 Alameda Country, Kalifornië |
Nasionaliteit | Verenigde State |
Ouers | Delora Sherleen Vincent (moeder) |
Lewensmaat | Paloma Jimenez (2007–hede) |
Kinders | 3 |
Beroep(e) | Akteur, vervaardiger, regisseur, draaiboekskrywer |
Aktiewe jare | 1990–hede |
Webwerf | vindiesel.com |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Mark Sinclair[1][2] (gebore 18 Julie 1967), beter bekend onder sy verhoognaam, Vin Diesel, is 'n Amerikaanse akteur, vervaardiger, regisseur en draaiboekskrywer. Hy is bekend vir sy rol as Dominic Toretto in die The Fast & the Furious-filmreeks en Richard B. Riddick in die The Chronicles of Riddick-reeks. Hy was ook 'n vervaardiger van albei se opvolgreekse.
Diesel het ook in films soos xXx (2002) en Find Me Guilty (2006) gespeel. Sy stem is in The Iron Gaint (1999), die videospeletjieweergawes van die The Chronicles of Riddick-franchise, en Guardians of the Galaxy (2014) gebruik. Hy het die kortfilm Multi-Facial geskryf, dit geregisseer, vervaardig en ook die hoofrol daarin vertolk. Hy is die stigter van die produksiemaatskappye One Race Films, Racetrack Records en Tigon Studios.