Vincenzo Bellini | |
---|---|
Vincenzo Bellini | |
Agtergrondinligting | |
Geboortenaam | Vincenzo Salvatore Carmelo Francesco Bellini |
Gebore | 3 November 1801 Catania, Sisilië, Italië |
Sterf | 23 September 1835 Puteaux, naby Parys, Frankryk |
Genres | Klassiek, opera |
Beroep(e) | Komponis, musiekpedagoog |
Vincenzo Bellini (Gebore op 3 November 1801, Catania, Sisilië, Italië, sterf op 23 September 1835, Puteaux, naby Parys, Frankryk) was ‘n Italiaanse opera-komponis met ‘n gawe vir die skepping van vokale melodie wat ineens suiwer in styl en sensueel in uitdrukking was. Sy invloed word nie slegs gereflekteer in latere opera-werke nie, insluitende die werke van Richard Wagner, maar ook in die instrumentale musiek van Chopin en Liszt.