Vingermanna | |
---|---|
![]() | |
Wetenskaplike klassifikasie ![]() | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eensaadlobbiges |
Klade: | Commelinids |
Orde: | Poales |
Familie: | Poaceae |
Genus: | Eleusine |
Spesie: | E. coracana
|
Binomiale naam | |
Eleusine coracana | |
Sinonieme[1] | |
|
Vingermanna (Eleusine coracana) ook bekend as rapoko of rupoko, word op aansienlike skaal deur die inheemse bevolking van Afrika en Indië as voedsel verbou.
Van die meel word brood gebak en bier gemaak. Verder word dit aangewend om varke vet te maak en as voëlsaad.
Die plant aard goed op arm grond en groei vinnig. Dit word tot 1,2 m hoog en die sade is 1 tot 2 mm breed. Hierdie saadjies is ryk aan minerale, veral aan kalsium.