Virgo-sterrestelselswerm | |
---|---|
![]() | |
Soort | Sterrestelselswerm |
Sterrebeeld | Maagd en Berenike se Hare |
Waarnemingsdata (Epog J2000) | |
Regte klimming | 12h 27m |
Deklinasie | +12º 43' |
Afstand (ligjaar) | 53,8 miljoen |
Helderste stelsel | Messier 49 |
Aantal stelsels | ~1 500 |
Ander name | |
Plaaslike Sterrestelselswerm | |
Portaal ![]() |
Die Virgo-sterrestelselswerm is ’n sterrestelselswerm waarvan die middel sowat 53,8 miljoen ligjare (16,5 miljoen parsek)[1] van die Aarde af is in die sterrebeelde Maagd en Berenike se Hare. Dit bevat sowat 1 300 (en moontlik tot 2 000) sterrestelsels[2] en vorm die hart van die groter Virgo-superswerm, waarvan die Lokale Groep en dus die Aarde ook deel is. Daar word gereken die totale massa van die swerm is sowat 1,2 biljoen sonmassas.[3]
Baie van die helder sterrestelsels in die swerm, onder meer die reusagtige elliptiese sterrestelsel Messier 87, is in die laat 1770's en vroeë 1780's ontdek en in Charles Messier se katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem. Messier het M87 beskryf as ’n newel sonder sterre en die ware aard daarvan is eers in die 1920's besef.
Die swerm onderspan ’n maksimum boog van sowat 8 grade met die middel in die sterrebeeld Maagd. Baie van die stelsels in die swerm kan met ’n klein teleskoop gesien word. Die helderste lid is die elliptiese stelsel Messier 49.
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)