Visaginas

Visaginas

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Litaue Litaue
 Administratiewe distrik Utena
 Munisipaliteit Visaginas
 Koördinate 55°36′N 26°26′O / 55.600°N 26.433°O / 55.600; 26.433
 Stigting 10 Augustus 1975
 Stadstatus 1977
 Oppervlakte:  
 - Totaal 8,96 vk km
 Hoogte bo seevlak - m
 Bevolking:  
 - Totaal (2018) 18 541
 - Bevolkingsdigtheid 2 009/vk km
 Tydsone EET (UTC +2)
 - Somertyd EEST (UTC +3)
 Klimaat  
 - Tipe Kontinentaal-gematig
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur -°C
 - Gem. temp. Januarie/Julie - / - °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae - mm
 Burgemeester (Meras) Erlandas Galaguz
 Amptelike Webwerf www.visaginas.lt/

Visaginas is 'n Litause stad en munisipaliteit aan die noordoewer van die Visaginas-meer, sowat 150 kilometer noordoos van die hoofstad Vilnius en sowat 70 kilometer oos van die distrikhoofstad Utena.

Visaginas is ten opsigte van sowel sy stigtingsdatum - dit het eers in 1975 as residensiële nedersetting vir werknemers van die kernkragsentrale Ignalina (veertien kilometer oos van Visaginas) en hul gesinne ontstaan - asook die gemiddelde ouderdom van sy bewoners (omstreeks 30 jaar) die jongste stad in die land. Dit is aanvanklik na die destydse voorsitter van die Litause Kommunistiese Party, Antanas Sniečkus, vernoem en het reeds in 1977 stadstatus gekry. Met die onafhanklikwording van Litaue is die stadsnaam gewysig na Visaginas.

Nadat Ignalina in 2009 buite werking gestel is, het werkloosheid en dwelmmisbruik sosiale brandpunte vir die merendeels Russiessprekende bevolking geword.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne