Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Visumvereistes vir Suid-Afrikaanse burgers is 'n administratiewe reisbeperking wat deur die owerhede van ander lande op die burgers van Suid-Afrika geplaas word. In 2014 het Suid-Afrikaanse burgers visumvrye toegang, of visum met aankoms tot 97 lande en gebiede gehad. Dit plaas die Suid-Afrikaanse paspoort, in terme van toeganklikheid tot ander lande, 41ste in die wêreld.[1]
Waar visumvrye toegang wel beskikbaar is, is dit nie noodwendig 'n reg waarop iemand kan aandring nie, maar word op die diskresie van die doeanebeamptes toegeken. Indien besoekers in nie-toerisme aktiwiteite, soos onbetaalde werk betrokke raak, kan 'n visum of werkpermit vereis word.