![]() |
|
Bynaam | siniristilippu, blåkorsflagga |
---|---|
Gebruik | Burgerlike vlag en vaandel ![]() |
Verhouding | 11:18 |
Goedgekeur | 28 Mei 1918[1] |
Ontwerp | ’n Blou Skandinawiese kruis op ’n wit veld |
![]() |
|
Bynaam | Staatsvlag |
Gebruik | Staatsvlag en -vaandel ![]() |
Verhouding | 11:18 |
Goedgekeur | 1978 |
Ontwerp | ’n Seeblou Skandinawiese kruis op ’n wit veld met ’n reghoekige wapen van Finland (in die kleure goud en silwer op rooi) |
![]() |
|
Bynaam | Swawelstertstaatsvlag |
Gebruik | Oorlogsvlag en Vlootvaandel ![]() |
Verhouding | 11:19 |
Goedgekeur | 1978 |
Ontwerp | ’n Seeblou Skandinawiese kruis op ’n wit veld met ’n reghoekige wapen van Finland (in die kleure goud en silwer op rooi), swawelstert Afmetings: 4:3:4 (vertikaal) 5:3:6:5 (horisontaal) |
![]() |
|
Bynaam | Presidentsvlag |
Gebruik | Ander ![]() |
Verhouding | 11:19 |
Goedgekeur | 1918 |
Ontwerp | ’n Seeblou Skandinawiese kruis op ’n wit veld met ’n reghoekige wapen van Finland (in die kleure goud en silwer op rooi), swawelstert, met die vryheidskruis in die skildhoek (in die kleure goud op blou) |
![]() |
|
Bynaam | Vlootvaandel |
Gebruik | Ander ![]() |
Verhouding | 1:1 |
Goedgekeur | 1918 |
Ontwerp | ’n Wit veld met die wapen van Finland in die middel |
Die nasionale vlag van Finland is op 28 Mai 1918 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n seeblou Skandinawiese kruis op ’n wit veld. In Fins word die vlag siniristilippu en in Sweeds blåkorsflagga (“bloukruisvlag”) genoem. Die Skandinawiese kruis verteenwoordig Christenskap.[2][3][4][5][6]
Die staatsvlag toon ’n landswapen in die middel, maar dit is andersins identies aan die burgerlike vaandel. Die swawelstertstaatsvlag word deur die weermag gebruik. Die presidentsvlag is identies aan die swawelstertstaatsvlag, maar dit toon in die skildhoek die kruis van vryheid waarvan die Finse president as hoofmeester dien. Net soos die vlag van Swede is die vlag van Finland geskoei op die Skandinawiese kruis. Dit is na Finse onafhanklikheidwording van die Russiese Ryk aanvaar, toe baie Patriotiese Finne ’n unieke vlag vir hul land wou hê, maar sy ontwerp dateer uit die 19de eeu. Daar word gesê dat die blou kleur die land se duisende mere en die lug verteenwoordig, met wit vir die sneeu wat die land in die winter bedek. Hierdie kleurkombinasie is ook oor eeue heen in verskeie Finse provinsiale, militêre en dorpsvlae gebruik.