Gebruik | Nasionale vlag en vaandel |
---|---|
Verhouding | 2:3 |
Goedgekeur | 20 Mei 1975 |
Ontwerp | ’n Vertikale driekleur met groen aan die vlagpaalkant, rooi in die middel en geel aan die wapperkant met ’n geel ster in die rooi baan. |
Die nasionale vlag van Kameroen is op 20 Mei 1975 amptelik in gebruik geneem. Die vlag is ’n vertikale driekleur in die kleure groen-rooi-geel (die Pan-Afrika kleure), met groen aan die vlagpaalkant. Daar is ’n geel vyfpuntige ster in die middel van die rooi baan. Kameroen is, na Ghana die tweede land wat die Pan-Afrika kleure in sy vlag geïmplementeer het.