Gebruik | Nasionale vlag en Burgerlike- en Staatsvaandel |
---|---|
Verhouding | 2:3 |
Goedgekeur | 27 April 1961 |
Ontwerp | ’n Horisontale driekleur in groen, wit en blou. |
Gebruik | Vlootvaandel |
Verhouding | 2:3 |
Ontwerp | ’n Wit vlag met die nasionale vlag in die skildhoek. |
Die nasionale vlag van Sierra Leone is op 27 April 1961 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n horisontale driekleur met ewe wye bane in (van bo na onder) groen, wit en blou.