![]() |
|
Gebruik | Burgerlike vlag en vaandel ![]() |
---|---|
Verhouding | 2:3 |
Goedgekeur | 12 Maart 2006[1] |
Ontwerp | Drie horisontale bane in geel, blou en rooi met agt wit vyfpuntige sterre in ’n halfmaan in die blou baan. |
![]() |
|
Gebruik | Staats- en Oorlogsvlag en Staats- en Vlootvaandel ![]() |
Verhouding | 2:3 |
Goedgekeur | 12 Maart 2006[1] |
Ontwerp | Drie horisontale bane in geel, blou en rooi met agt wit vyfpuntige sterre in ’n halfmaan in die blou baan en die land se wapenskild in die skildhoek. |
Die nasionale vlag van Venezuela is op 12 Maart 2006 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon drie horisontale bane in geel, blou en rooi met agt wit vyfpuntige sterre in ’n halfmaan in die blou baan. Die ontwerp van die vlag is baie soortgelyk aan dié van Colombia en Ecuador wat ook voormalige samestellende gebiede van Groot-Colombia is. Al drie vlae is gebaseer op ’n voorstel van die Venezolaanse generaal Francisco de Midanda wat in 1811 deur Venezuela aanvaar is en later deur Groot-Colombia met ’n paar verstellings.