Vliegas is 'n verbrandingsproduk van steenkool. In 'n moderne kragstasie bereik die verbrandingstemperatuur meer as 1 500 °C. Die as wat gevorm word, bestaan uit die swaar bodemas wat op die vloer van die verbrandingsoond versamel en die vliegas wat lig genoeg is om saam met die verbrandingsgasse afgevoer te word.[1] Die vliegas word – dikwels elektrostaties[2] – neergeslaan en in silo's versamel, en word daarop in 'n verskeidenheid van aanwendings benut.