Vloot

Skildery van die Deense vloot in 1676, Sound (Øresund).
Die VSA se Atlantiese Vloot in 1907.

'n Vloot is 'n groot groep skepe of bote. Die woord word ook soms gebruik om na 'n groep van ander voertuie te verwys, soos motorvoertuie, trokke en vliegtuie.

In die oorspronklike sin verwys 'n vloot ter see na een van die volgende:

  • Vissersvloot
  • Oorlogsvloot (of militêre vloot)
  • Seilvloot
  • Handelsvloot

'n Militêre vloot bestaan gewoonlik uit 'n kombinasie van vliegdekskepe, duikbote, mynveërs en patrollievaartuie.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne