![]() | |
Oorsig | |
---|---|
Vervaardiger | Volkswagen Commercial Vehicles |
Ook genoem | Volkswagen Robust Pick-Up (konsep) |
Produksie | 2010–huidig |
Montering | ![]() ![]() |
Ontwerper | Walter de Silva |
Bakwerk en onderstel | |
Klas | Ligte handelsvoertuig |
Bakstyl | 2-deur enkelkajuit 4-deur dubbelkajuit |
Uitleg | Voorenjin, agterwieldryf of "4motion" op-aanvraag vierwieldryf |
Spesifikasies | |
Enjin(s) | 2.0 I4 FSI turbopetrol 2.0 I4 TDI "common rail" dieselenjin |
Ratkas | 6-gang handrat 8-gang outomaties |
Lengte | 5254 mm |
Breedte | 1944 mm - 1954 mm |
Hoogte | 1834 mm |
Asafstand | 3095 mm |
Die Volkswagen Amarok is 'n groot bakkie wat deur Volkswagen Commercial Vehicles (VWCV) gebou word. Dit is 'n tradisionele bak-op-raam vragmotor met MacPherson-stutsuspensie voor en bladvere agter.[3] Die Amarokreeks bestaan uit 'n enkel- en dubbelkajuit, gekombineer met óf agterwielaandrywing of 4MOTION viertrek, en word aangedryf deur 'n turbopetrol of 'n turbo direkte inspuiting (TDI) dieselenjin. VWCV beskou die Toyota Hilux, Nissan Navara en die Mitsubishi Triton as die Amarok se mededingers, alhoewel laasgenoemde effens groter is.