1966 Volkswagen Beetle | |
Oorsig | |
---|---|
Vervaardiger | Volkswagen |
Ook genoem | "Beetle",[1] "Super Beetle",[2] Käfer[3] "Bug", "Superbug" [4] |
Produksie | 1938–2003: 21,529,464 |
Montering | Wolfsburg, Hannover, Emden, Ingolstadt, Osnabrück, Duitsland Melbourne, Australië Brussels, België São Bernardo do Campo, Brasilië Jakarta, Indonesië Dublin, Ierland, Puebla, Meksiko Auckland, Nieu-Seeland Lagos, Nigerië Manila, Filippyne Uitenhage, Suid-Afrika Sarajevo, Bosnië en Herzegowina SFR Yugoslavia, Valencia, Venezuela[5] |
Bakwerk en onderstel | |
Klas | ekonomiese motor |
Bakstyl | 2-deur sedan 2-deur afslaankap |
Uitleg | Agterenjin, agterwielaandrywing |
Spesifikasies | |
Enjin(s) | 1.1 L; 1.2 L; 1.3 L; 1.5 L; 1.6 L platviersilinder |
Ratkas | 4-gang handrat trans-as 4-gang semi-outomatiese Saxomat (vanaf 1961) 3-gang semi-outomatiese Autostick (1967–76) |
Plek in geskiedenis | |
Opvolger | Volkswagen New Beetle |
Die Volkswagen Beetle, amptelik die Volkswagen Tipe 1, of informeel die Volkswagen Kewer, is 'n tweedeur-, vierpassasier-, agterenjin- ekonomiese motor vervaardig en bemark deur die Duitse motorvervaardiger Volkswagen (VW) van 1938 tot 2003.[6] Die behoefte aan hierdie soort motor en sy funksionele doelwitte, is deur Adolf Hitler, die leier van Nazi-Duitsland, geformuleer, wat 'n goedkoop, eenvoudige motor gesoek het om in massa te produseer vir die nuwe padnetwerk van sy land. Hy het Porsche in 1934 gekontrakteer om dit te ontwerp en te bou volgens sy streng standaarde.[7] Ferdinand Porsche en sy span het tot 1938 geneem om die ontwerp te finaliseer.[7] Dit is een van die eerste agterenjin-motors. Met meer as 21 miljoen vervaardig (21 529 464)[8] in 'n lugverkoelde, agterenjin-, agterwielopset, is die Beetle die langste en mees vervaardigde motor van 'n enkele ontwerpplatform ter wêreld.