Vought F4U Corsair | |
---|---|
Tipe | Vegvliegtuig |
Vervaardiger | Chance Vought |
Ontwerp deur | Igor Sikorsky & Rex Beisel |
Nooiensvlug | 29 Mei 1940 |
Bekendstelling | 28 Desember 1942 |
Onttrek | 1979 (Honduras) |
Hoofgebruikers | Amerikaanse Lugmag Britse Lugmag |
Aantal gebou | 12 571 |
Die Vought F4U Corsair was 'n Amerikaanse enkelsitplek, eenmotorige vegvliegtuig wat tydens die Tweede Wêreldoorlog en Korea-oorlog gebruik is. Hierdie vegvliegtuig was ook van die beste vliegtuie van die oorlog, dit het onder andere die grootste skroef en kragtigste enjin gehad: Pratt & Whitney R-2800 Double Wasp. Niemand was verbaas toe die prototipe reeds vinniger as 640 km/h (400 mpu) gevlieg het nie, die eerste prototipe wat dit kon regkry. Die vliegtuig was ontwerp om twee masjiengewere in die vlerke en twee in die romp te dra maar later het ses 12,7 mm masjiengewere die standaard geword. Die masjiengewere was in die buitenste gedeelte van die opvoubare vlerke geïnstalleer. Kanonne en vuurpyle is later bygevoeg.