Die Vrede van Westminster is 'n ooreenkoms wat tussen die Nederlandse Republiek en Engeland geteken is op 19 Februarie 1674 aan die einde van die Derde Engels-Nederlandse Oorlog.
In terme van die ooreenkoms het die Nederlandse kolonie Nieuw Amsterdam onder Engelse beheer gekom. Die Engelse noem die kolonie reeds sedert 1664 toe hulle Nieuw-Amsterdam vir die eerste keer ingeneem het "New York". In ruil vir New York is die gebied van Suriname van Engeland na Nederland oorgedra.