Vulkaaneksplosiwiteitsindeks

Verband tussen die VEI en volume ejekta.

Die Vulkaaneksplosiwiteitsindeks (VEI) is 'n relatiewe manier om die plofbaarheid van vulkaniese uitbarstings te meet. Dit is in 1982 deur Chris Newhall van die Amerikaanse Geologiese Opname en Stephen Self van die Universiteit van Hawaii ontwerp.

Die volume van die ejekta, hoogte van die uitwerpingswolk en kwalitatiewe waarnemings (met woorde wat wissel van "bedaard" tot "megakolassaal") word gebruik om die eksplosiwiteitswaarde te bepaal. Die skaal is oneindig, met die grootste uitbarstings in die geskiedenis wat 'n magnitude van 8 gekry het. 'n Waarde van 0 word gegee aan nieontploffende uitbarstings, gedefinieer as met minder as 10 000 m3 tefra wat uitgeskiet is; 'n 8 verteenwoordig 'n megakolossale ontploffende uitbarsting wat tot 1,0×1012 m3 tefra kan uitwerp en 'n kolomhoogte van meer as 20 km kan hê.

Die skaal is logaritmies, met elke interval daarop 'n tienvoudige toename in die uitgeworpe tefra wat waargeneem is, behalwe tussen VEI-0, VEI-1 en VEI-2.[1]

  1. Newhall, Christopher G.; Self, Stephen (1982). "The Volcanic Explosivity Index (VEI): An Estimate of Explosive Magnitude for Historical Volcanism" (PDF). Journal of Geophysical Research. 87 (C2): 1231–1238. Bibcode:1982JGR....87.1231N. doi:10.1029/JC087iC02p01231. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 13 Desember 2013.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne