Wanderer-fantasie

Die Fantasie in C majeur, Op. 15 (D. 760), algemeen bekend as die Wanderer-fantasie, is 'n vier-beweging fantasie vir klavier wat in 1822 deur Franz Schubert gekomponeer is. Dit word wyd beskou as Schubert se mees uitdagende klavierkomposisie. Schubert het droogweg oor die werk opgemerk: "die duiwel kan dit maar speel," met verwysing tot sy eie onvermoë om die werk behoorlik te kan speel.[1]

  1. Duncan, Edmondstoune (1905). Schubert. J. M. Dent & Co. p. 165.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne