Ward Cunningham | |
---|---|
![]() Ward Cunningham | |
Gebore | Howard G. "Ward" Cunningham 26 Mei 1949 |
Nasionaliteit | ![]() |
Beroep | Rekenaarprogrammeerder |
Eggenoot | Karen Cunningham |
Kinders | Patrick & Christopher |
Webwerf | c2.com |
Howard G. "Ward" Cunningham (gebore 26 Mei 1949) is 'n Amerikaanse rekenaarprogrammeerder van Highland, Indiana, wat die eerste wiki ontwikkel het.[2] Hy het in 1994 begin met die programmering van die WikiWikiWeb sagteware, en dit op 25 Maart 1995 op die webwerf van sy sagtewaremaatskappy, Cunningham & Cunningham (algemeen bekend deur sy domein-naam c2.com), geïnstalleer as 'n uitbreiding van die Portland Pattern Repository.
Hy woon tans in Beaverton, Oregon, en is 'n programmeerder by New Relic.[3] Hy was voorheen die Co-Creation Czar for CitizenGlobal. Hy was Nike se eerste Code for a Better World Fellow.[4]
Hy is die skrywer van die boek getiteld The Wiki Way en ook die uitvinder van die raamwerk vir geïntegreerde toetse. Hy was 'n hoofspreker by die eerste drie byeenkomste van die WikiSym-konferensies oor wiki navorsing en praktyke.