Warm Jupiter

’n Kunstenaarsvoorstelling van ’n warm Jupiter en sy mane. Die atmosfeer van die planeet verdamp omdat dit so na aan sy moederster is.
’n Kunstenaarsvoorstelling van die warm Jupiter van die ster HD 189733.

Warm Jupiters is ’n klas eksoplanete met soortgelyke eienskappe as Jupiter, maar met ’n hoë oppervlaktemperatuur omdat hulle in ’n wentelbaan baie na aan hul moederster is[1] – tussen sowat 0,015 en 0,5 astronomiese eenhede (2,2 × 106 en 74,8 × 106 km).[2] Jupiter is 5,2 AE (780 × 106 km) van die Son af en sy oppervlaktemperatuur is dus laag.

Een van die bekendste warm Jupiters is 51 Pegasi b, met die bynaam "Bellerophon". Dit is in 1995 ontdek en was die eerste eksoplaneet om ’n Sonagtige ster wat ontdek is. Dit het ’n wentelperiode van sowat vier dae.

  1. "Flipping Hot Jupiters : Northwestern University Newscenter". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Januarie 2021. Besoek op 1 Oktober 2014.
  2. Mathiesen, Ben (2006-03-19), 'Hot Jupiter' Systems may Harbor Earth-like Planets, PhysOrg.com, http://www.physorg.com/news11909.html 

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne