Wasili Tsjoeikof | |
---|---|
Geboortenaam | Василий Иванович Чуйков |
Gebore | 12 Februarie 1900 Serebrjanije Proedi, Russiese Ryk |
Oorlede | 18 Maart 1982 (op 82) Moskou, Sowjetunie |
Rang | Maarskalk |
Land | Rusland |
Diensjare | 1917–1972 |
Eenhede | 4de Leër 62ste Leër 8ste Wagteleër Groep van Sowjet-magte in Duitsland Kiëfse Militêre Distrik |
Geveg in | Russiese Burgeroorlog Tweede Wêreldoorlog Winteroorlog Tweede Sjinees-Japannese Oorlog |
Medaljes | (9) Orde van die Oktoberrewolusie Orde van die Rooi Vlag (4) Orde van Soeworof, 1ste klas (3) Orde van die Rooi Ster Distinguished Service Cross (VSA) |
Latere ampte | Van 1961 tot met sy dood was hy lid van die Sentrale Komitee van die Kommunistiese Party van die Sowjetunie |
Wasili Iwanowitsj Tsjoeikof (Russies: Васи́лий Ива́нович Чуйко́в; 12 Februarie 1900 – 18 Maart 1982) was ’n luitenant-generaal van die Sowjetunie in die Rooi Leër tydens die Tweede Wêreldoorlog, bevelvoerder van die 62ste Leër tydens die Slag van Stalingrad, ’n dubbele Held van die Sowjetunie (1944 en 1945) en ná die oorlog ’n maarskalk van die Sowjetunie.