Waterbergplato Nasionale Park

Waterbergplato Nasionale Park
Uitsig op die Waterberggelykveld
Uitsig op die Waterberggelykveld
Land Namibië
Ligging van Waterbergplato Nasionale Park op 'n kaart (Namibië)
Waterbergplato Nasionale Park
Waterbergplato Nasionale Park
Koördinate: 20°25′S 17°13′O / 20.417°S 17.217°O / -20.417; 17.217
Oppervlak 405 km²
Openingsjaar 1972
Bestuursliggaam Ministerie van Omgewingsake
en Toerisme
Seëls van Duits-Suidwes-Afrika geposmerk Waterberg

Waterbergplato Nasionale Park is 'n nasionale park in sentraal-Namibië, 68 kilometer (42 myl) suidoos van Otjiwarongo. Die nasionale park is vernoem na die prominente tafelberg, die Waterberg, wat bo die gelykveld uitstyg. Die Waterberggelykveld is geografies besonders prominent, aangesien dit hoog uitstyg bo die eenvormige Kalaharivlaktes van die ooste van Namibië. Dit is in 1972 en as die Waterbergpark geproklameer. 'n Gebied van 405 vierkante kilometer (156 vk. m.) word bewaar, wat die berg en dele van die omliggende land insluit.

Omdat die gelykveld grootliks ontoeganklik is, is verskeie van Namibië se bedreigde spesies in die vroeë 1970's hierheen verskuif om hul van uitwissing deur roofdiere en stropery te beskerm. Die program was baie suksesvol en die Waterbergplato verskaf nou diere aan ander Namibiese parke. In 1989 is swartrenosters uit hierdie reservaat in Damaraland hervestig.

Die Waterbergplatopark is ekologies ryk en divers en huisves meer as 200 verskillende voëlspesies asook 'n paar spesies van klein antilope in die voetheuwels van die berg. Geologiese opnames dateer die oudste rotsstratum na meer as 850 miljoen jaar gelede. Dinosourusspore van sowat 200 miljoen jaar oud is ook hier agtergelaat.

Die gelykveld is in 1956 tot 'n nasionale monument verklaar.[1]

  1. Voigt, Andreas (2004). National Monuments in Namibia: An Inventory of Proclaimed National Monuments in the Republic of Namibia. Gamsberg Macmillan. pp. 1–3. ISBN 9991605932.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne