Die Waterlikkewaan (Varanus niloticus) is 'n likkewaan wat voorkom aan die suidkus- en ooskus gebiede, die Vrystaat, Gauteng, Noordwes, Limpopo en Mpumalanga in Suid-Afrika. Dit leef aan die oewers van varswaterriviere en damme. Hulle word 100 tot 200 cm lank en weeg 12 tot 20 kg.