'n Waterstofbinding is 'n spesiale soort dipool-dipoolkrag wat bestaan tussen 'n elektronegatiewe atoom en 'n Waterstof atoom wat aan Stikstof, Suurstof of Fluoor verbind is. Hierdie soort verbinding behels altyd 'n waterstofatoom en die aantrekkingsenergie is by benadering omtrent so sterk soos swak kovalente verbindings (155 kJ/mol), daarom die naam – Waterstofbinding. 'n Tipiese kovalente verbinding is slegs sowat 20 keer sterker as 'n intramolekulêre waterstofbinding. Hierdie aantrekkingskragte kan tussen molekules (“intermolekulêr”) of tussen verskillende dele van dieselfde molekuul (“intramolekulêr”) voorkom.[2] Die waterstofbinding is 'n is 'n baie sterk vaste dipool-dipool van der Waals-Keesomkrag, maar swakker as kovalente-, ioniese- en metaalbindings. Die sterkte van waterstofbinding lê iewers tussen kovalente- en elektrostatiese intermolekulêre aantrekkingskragte.
Intermolekulêre waterstofbinding is verantwoordelik vir die hoë kookpunt van water (100 °C). Intramolekulêre waterstofbinding is deels verantwoordelik vir die sekondêre, tertiêre en kwarternêre strukture van proteïene en nukleoonsure
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
{{cite book}}
: Gaan datum na in: |year=
(hulp); Onbekende parameter |chapterurl=
geïgnoreer (hulp)