Waterwiggelary

'n Waterwiggelaar, van 'n 18de eeu Franse boek oor bygelowe.

Waterwiggelary is 'n woord wat veral verwys na die praktyk om ondergrondse lopende water op te spoor, gewoonlik met behulp van die swaai van 'n stokkie, stafie of pendulum oor 'n kaart, of terwyl die wiggelaar beweeg oor 'n landsoppervlakte. Sommige handboeke oor waterwiggelary dring daarop aan dat dit slegs met behulp van varsgesnyde takkies kan geskied. Wetenskaplike navorsing omtrent hierdie bedryf kon nie bewys dat dit werk nie, maar dit word steeds deur talle mense geglo.

Die beweging van stokkies word nou algemeen toegeskryf aan die Idiomotoriese effek.[1] Die ideomotoriese effek is 'n sielkundige verskynsel waarin 'n persoon onbewustelike bewegings maak. In minder komplekse terme beweeg stokke slegs as gevolg van toevallige of onwillekeurige bewegings van die persoon wat dit gebruik.

  1. Zusne, Leonard; Jones, Warren H. (1989). Anomalistic Psychology: A Study of Magical Thinking. Lawrence Erlbaum Associates, Inc. pp. 105–110. ISBN 978-0-805-80507-9

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne