Watty Watson | |
![]() Watson in 2011 | |
Hoofsweep van die Amptelike Opposisie
| |
Ampstermyn 27 Oktober 2011 – 6 Mei 2014 | |
Voorafgegaan deur | Ian Davidson |
---|---|
Opgevolg deur | John Steenhuisen |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | Armiston Watson 26 November 1944 Matatiele, Suid-Afrika |
Sterf | 12 Oktober 2014 (op 69) Pretoria, Suid-Afrika |
Politieke party | Demokratiese Alliansie |
Eggenoot/-note | Madeleine |
Kind(ers) | 2 |
Alma mater | Port Natal Skool Universiteit van Pretoria |
Armiston Watson (26 November 1944 – 12 Oktober 2014), ook bekend as Watty Watson, was 'n Suid-Afrikaanse politikus en lid van die Demokratiese Alliansie (DA). Hy was hoofsweep van die amptelike opposisie in die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika van 2011 tot 2014 onder die leiding van Lindiwe Mazibuko. Hy is as 'n LP vir die Nasionale Party in 1994 verkies. Hy was ook 'n stigterslid van die DA en die party se leier in die Nasionale Raad van Provinsies voor hy as 'n lid van die Nasionale Vergadering inhuldig is. Watson het uit die politiek getree in Mei 2014 en gesterf in Oktober van dieselfde jaar.[1]